Hier het ek die gladde tekstuur van 'n greenpepper prober weergee deer van 'n growwe medium soos pen gebruik te maak wat vir my 'n moeilike medium is om mee te werk.
Op 'n vakansie in die Kgalagadie het ek die hoek deel van ons tent geteken in pen, ook 'n stuk van 'n appeliefie en 'n boom wat voor die tent was.
Ek het die agterkant van my ma se hare geteken. Ek wou dit soos hare laat lyk, maar wou 'n growwe gevoel weergee.
Ek het 'n droë stuk van 'n plant wat in die huis was prober teken deur dit so fun en gedetaleerd as moontlik te doen met 'n blou pen. Dit was vir my moeilik om die diepte reg weer te gee.
Drybrush. 'n Vreeslike tegniek om baas te raak. Ek twyfel of ek daarin geslaag het. Deur van verskeei kwaste gebruik te maak en swart ink het ek toe 'n poging aangewend om 'n oog te prober verf met die einste drybrush tegniek.
Hande is 'n uitdaging vir enige iemand om te teken. Elke paar hande lyk anders. Vir een of ander rede is hande baie fasinerend vir my en ek het dit geniet om dit te teken.
Ek het besluit om die lippe in 'n growwer manier uit te beeld deur 'n swart jel pen te gebruik om 'n ander gevoel te prober oordra.
Die moeilikste deel daarvan om die knoop te teken was om die vergroting reg te kry en al die verskillende kleure in grys weer te gee.
Ek is mal daaroor om oë t teken. Ek hou daarvan om te kyk wat die effek van lig op oë is en dit so akkuraat as moontlik te prober weergee.
Die opdrag was om 'n gesig vanuit 'n sekere hoek af te teken. Ek het op die klein dogtertjie se gesig besluit omdat dit vir my 'n baie sterk gevoel oordra.
Weereens het ek die effek van lig op die oog prober vasvang
Dit is die knop van 'n lelie wat nog moet oopgaan. Ek het dit met 'n swart potlood gedoen om bietjie weg te breek van gewonde grys potlode.
Ek het eendag besluit om 'n strik te teken wat op die tafel gelê het. Dit was baie moeilik om al die skaduwees uit te beeld en steeds die verskillende kleur lyne ook uit te beeld.
Dit is nog 'n knop van 'n toe blom wat in die huis was.
Ek het die bokant van 'n ballon uitgebeeld. Ek wou kyk of ek die gladde tekstuur van die ballon kon weergee.
Ek het een van my nefie se klein amry mannetjies van agter af begin teken. Dit was baie moeilik om die vergroting van so 'n klein dingetjie reg te kry en dit het maar gesukkel, veral vir 'n perfeksionis soos ek. Dus het ek maar later moed opgegge.
Ek het baie eksperimenteer met verskillende tegnieke om te kyk waarvan ek hou. Hier het ek 'n bak slaai geteken deur net van fine-liner kolletjies gebruik te maak.
Ek het 'n sker op die verskillende maniere uitgebeeld, in drie verskillende posisies met drie verskillende mediums, potlood, pen en houtskool. Ook 'n buis verf in potlood en 'n army mannetjie in swart pen.
No comments:
Post a Comment