Ek het besluit om die mediese vooruitgang as inspirasie vir my altaarstuk te gebruik. My persoonlike ondervinding met die medici het as deel van die besluit gedien. Ek wou die effek van die medici op mense, die vooruitgang in die mediese veld sowel as kinder mishandeling en die effek van die samelewing op tieners uitbeeld.
Die dokters jas in die agtergrond beeld die medieseveld en die toenemende vooruitgang daarin uit en die ekstraal wat die person vashou help om die beeld te versterk.
Die plaat van die menslike borskas wat die person in die doktersjas voor sy bors vashou beeld uit dat mense nie altyd is soos wat hulle van buite as vertoon nie. Ek het besluit om in plaas van 'n plaat van die borsbene 'n plaat van die menslike senuweestesel te gebruik. Dit beeld uit hoe sensetief mense eintlik is en hoe diep wonde regtig lê.
Die menslike hart wat ek in die posisie van die hart op die plate geverf het is direk afkomstig van kindermishandeling. Op die manier wil ek uitbeeld dat die wonde wat kinders opdoen bitter diep lê. Daar is met 'n skelpel 'n spel van sirkeltjies en kruisies op die hart uitgesny. Dit wys dat die lewe nie 'n speletjie is nie. Dit wys ook die effek van die samelewing op die modern tieners en hoe tieners hulself sny om verlossing aan emosionele pyn te bied.
Die hand in die mediese handskoen wat die skelpel hervestig weer die idee van die mediese vooruitgang, maar ook die mens se verslawing aan kosmetiese prosedures.
Die twee kaal hande wat die plate vashou wys hoe die mens maar altyd terug gaan tot die basiese. En wanneer mens al die faktore in ag neem dan kan ons onsself vra of die vooruitgang in die mediese veld wel die moeite werd is?
No comments:
Post a Comment