Monday, 30 September 2013

Observasie sketse

 
 

Hier het ek die gladde tekstuur van 'n greenpepper prober weergee deer van 'n growwe medium soos pen gebruik te maak wat vir my 'n moeilike medium is om mee te werk.


Op 'n vakansie in die Kgalagadie het ek die hoek deel van ons tent geteken in pen, ook 'n stuk van 'n appeliefie en 'n boom wat voor die tent was.


Ek het die agterkant van my ma se hare geteken. Ek wou dit soos hare laat lyk, maar wou 'n growwe gevoel weergee.

 
Ek het 'n droë stuk van 'n plant wat in die huis was prober teken deur dit so fun en gedetaleerd as moontlik te doen met 'n blou pen. Dit was vir my moeilik om die diepte reg weer te gee.

 

Drybrush. 'n Vreeslike tegniek om baas te raak. Ek twyfel of ek daarin geslaag het. Deur van verskeei kwaste gebruik te maak en swart ink het ek toe 'n poging aangewend om 'n oog te prober verf met die einste drybrush tegniek.




Hande is 'n uitdaging vir enige iemand om te teken. Elke paar hande lyk anders. Vir een of ander rede is hande baie fasinerend vir my en ek het dit geniet om dit te teken.



Ek het besluit om die lippe in 'n growwer manier uit te beeld deur 'n swart jel pen te gebruik om 'n ander gevoel te prober oordra.


Die moeilikste deel daarvan om die knoop te teken was om die vergroting reg te kry en al die verskillende kleure in grys weer te gee.


Ek is mal daaroor om oë t teken. Ek hou daarvan om te kyk wat die effek van lig op oë is en dit so akkuraat as moontlik te prober weergee.






Die opdrag was om 'n gesig vanuit 'n sekere hoek af te teken. Ek het op die klein dogtertjie se gesig besluit omdat dit vir my 'n baie sterk gevoel oordra.


Weereens het ek die effek van lig op die oog prober vasvang


Dit is die knop van 'n lelie wat nog moet oopgaan. Ek het dit met 'n swart potlood gedoen om bietjie weg te breek van gewonde grys potlode.


Ek het eendag besluit om 'n strik te teken wat op die tafel gelê het. Dit was baie moeilik om al die skaduwees uit te beeld en steeds die verskillende kleur lyne ook uit te beeld.


Dit is nog 'n knop van 'n toe blom wat in die huis was.


Ek het die bokant van 'n ballon uitgebeeld. Ek wou kyk of ek die gladde tekstuur van die ballon kon weergee.


 
 
Ek het een van my nefie se klein amry mannetjies van agter af begin teken. Dit was baie moeilik om die vergroting van so 'n klein dingetjie reg te kry en dit het maar gesukkel, veral vir 'n perfeksionis soos ek. Dus het ek maar later moed opgegge.


Ek het baie eksperimenteer met verskillende tegnieke om te kyk waarvan ek hou. Hier het ek 'n bak slaai geteken deur net van fine-liner kolletjies gebruik te maak.

Ek het 'n sker op die verskillende maniere uitgebeeld, in drie verskillende posisies met drie verskillende mediums, potlood, pen en houtskool. Ook 'n buis verf in potlood en 'n army mannetjie in swart pen.

Joernaal

 
 
Hier is net 'n paar foto's van my joernaal wat 'n bietjie 'n idee gee van wat in my kop aangegaan het toe ek vir my projekte beplan het. Ek het die gevoel van die projekte deur die moodboards prober weergee en het reg deur die projek by die selfde kleurskemas prober hou. Ek het ook prober om die kleurbeplanning en die eksperimentasie prober interessant te hou en elkeen bietjie anders te doen. Ek hou steeds ergte daarvan dat my joernaal georden en netjies moet wees, maar tog effens kunstig.
Hier is ook die bespreking van amazing ander kunstenaars se werke in en doodles wat ons in die klas gedoen het.
 
 
 
 


























kwartaal drie


Ek het besluit om die mediese vooruitgang as inspirasie vir my altaarstuk te gebruik. My persoonlike ondervinding met die medici het as deel van die besluit gedien. Ek wou die effek van die medici op mense, die vooruitgang in die mediese veld sowel as kinder mishandeling en die effek van die samelewing op tieners uitbeeld.
 
 
Die dokters jas in die agtergrond  beeld die medieseveld en die toenemende vooruitgang daarin uit en die ekstraal wat die person vashou help om die beeld te versterk.
 
 
Die plaat van die menslike borskas wat die person in die doktersjas voor sy bors vashou beeld uit dat mense nie altyd is soos wat hulle van buite as vertoon nie. Ek het besluit om in plaas van 'n plaat van die borsbene 'n plaat van die menslike senuweestesel te gebruik. Dit beeld uit hoe sensetief mense eintlik is en hoe diep wonde regtig lê.
 
 
Die menslike hart wat ek in die posisie van die hart op die plate geverf het is direk afkomstig van kindermishandeling. Op die manier wil ek uitbeeld dat die wonde wat kinders opdoen bitter diep lê. Daar is met 'n skelpel 'n spel van sirkeltjies en kruisies op die hart uitgesny. Dit wys dat die lewe nie 'n speletjie is nie. Dit wys ook die effek van die samelewing op die modern tieners en hoe tieners hulself sny om verlossing aan emosionele pyn te bied.
 
 
Die hand in die mediese handskoen wat die skelpel hervestig weer die idee van die mediese vooruitgang, maar ook die mens se verslawing aan kosmetiese prosedures.
 

 
Die twee kaal hande wat die plate vashou wys hoe die mens maar altyd terug gaan tot die basiese. En wanneer mens al die faktore in ag neem dan kan ons onsself vra of die vooruitgang in die mediese veld wel die moeite werd is?