Dit is nie so maklik om sonder die gebruik van 'n figuur 'n gevoel deur middle van spasie oor te dra nie. En dit is juis wat ons opdrag vir die kwartaal was. Ek het lank gedink oor wat ek wou doen en waste gevoel ek wil oordra, maar om 'n gepaste plek te kry wat op 'n manier afgeneem is wat die tipe gevoel oordra wat jy wil hê dit moet oordra is 'n uitdaging op sy eie. My oupa is oorlede aan longkanker toe ek in prepremêr was. Dit was 'n baie moeilike tyd vir ons almal en sy ses dogters het nagte om by hom gesit vir die drie maande vandat ons gehoor het hy het kanker tot dit alles verby was. Ek was nog te klein om te verstaan, maar ek onthou goed hoe my oupa ons kleinkinders by hom laat sit het en ons hande vas gehou het toe hy nie meer kon praat nie. Na sy dood het my ouma moedig voortgegaan met die boerdery en na haar familie omgesien. Wanneer mens op die plaas is kan mens nog my oupa se teenwoordigheid voel. Na my oupa se dood het my ouma niks in sy kroeg verander nie, so dit is nog net soos my oupa dit laas gelos het. In sy kroeg is daar nou 'n ongelooflike gevoel van 'n 'empty presence', 'n gevoel van iemand wat daar is, maar wat mens nie kan sien nie. Iemand wat nou net daar was, maar in die oomblik nie meer is nie.
Ongelukkig is die plaas bitter ver weg en dit was ontmoontlik vir ons om soontoe te ry vir my om die regte foto te neem van my oupa se kroeg. So ek het maar my tannie op die plaas gevra om 'n paar foto's te gaan neem, maar nie een van die foto's het vir my reg gelyk of die regte gevoel oorrgedra nie. So toe moes ek maar 'n plan uitdink om steeds die tipe gevoel oor te dra. Ek het toe besluit om vriende van ons se attic af te neem. Die hout in die plek was vir my baie vergelykbaar met m oupa aangesien hy baie lief was vir houtwerk en amper al die meubels in die plaashuis gemaak het. Maar dit was juis die houtwerk wat vir my die moeilikste deel was om te verf in die prent. Die lig wat by die venster inkom is ook simbolies aan die 'lig aan die einde van die tonnel' teen die einde van my oupa se geveg teen die kanker. Die stoel is ook simbolies van my oupa se laaste paar weke toe hy nie meer kon loop nie en toe my ooms en my pa hom op 'n stoel van plek tot plek in die huis gedra het. Die projek was vir my baie persoonlik en ek het dit regtig baie geniet om dit te voltooi. Ek hoop die gevoel wat ek deur die prent wou oordra word deur die kyker ook so waargeneem.