Monday, 20 May 2013

kwartaal een


Ek het spesifiek die komposisie gekies omdat dit verskeie aspekte van my lewe, sowel as die alleerdaagse lewe uitbeeld wat mense nie altyd raaksien nie. Dit is vir my 'n interessante komposisie omdat die lyne daarin die kyker se oog heeltyd van bo na onder lei. Mens sal nie noodwendig die hoof aspek van 'n kunswerk in die middel van die skilderoppervlak plaas nie, maar in hierdie geval werk dit redelik goed.


Die boonste gesig is van 'n baie ongewone angle af uitgebeeld wat die komposisie 'n bietjie meer treffend maak. Ek het die foto gekies omdat ek iemand is wat hou van die 'in between' moments in die lewe. 



 Dit is vir my 'n baie spesiale foto omdat dit verskeie aspekte van my lewe uitbeeld. My boetie vou my nefie toe in 'n handoek nadat hy geswem het. Dus is dit verteenwoordigend van my familie en hoe groot rol familie en vriende in my lewe speel. My broer verteenwoordig ook die deel van my lewe wat ek in die stad deurbring terwyl my nefie van die plaas afkom en die 'plaas meisie' deel voorstel. 



Ek is baie beskermend oor die mense in my lewe en voel baie keer dat ek hulle wil toevou soos my broer met my nefie doen. Tog kom daar tye wat ek so klein en weerloos soos my nefie in die foto voel. Dit is baie gerusstellend om te weet dat daar altyd iemand ouer en groter as jy is wat na jou kan kyk.